Ma red kind van verdrinking

Die vinnige optrede van ʼn ma het haar kind van ʼn gewisse dood gered nadat hy Dinsdagmiddag byna in ʼn swembad in Farramere, Benoni, verdrink het.

Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, het Woensdag aan Maroela Media gesê die kleuter is nog in ʼn ernstige toestand in die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg.

“Die ma het die kleuter in die swembad sien dryf en dadelik uit die water gehaal en hulp ontbied,” het Banks gesê. “Sy het mond-tot-mond-asemhaling toegepas totdat paramedici op die toneel gekom en oorgeneem het. Hy is op die toneel gestabiliseer en met ʼn helikopter na die hospitaal geneem. Hy is daar in ʼn ernstige maar stabiele toestand.”

Volgens Banks is dit nie seker hoe lank die kind in die water was nie. Hy sê as dit nie vir die ma se vinnige reaksie en kennis van basiese noodhulp was nie, kon die voorval tragies geëindig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.