ʼn Ma van Riebeeckstad naby Welkom het Donderdag haar 14 maandeoue baba, Erika Tereblanché, per ongeluk doodgery.
Lt. Puleng Motsoeneing, ʼn woordvoerder van die Vrystaat-polisie, het Vrydag aan Maroela Media gesê die ma van die kind, Marelize Tereblanché, was omstreeks 07:00 op pad werk toe, toe die ongeluk gebeur het.
“Die ma het na haar BMW-voertuig gestap en was nie bewus dat haar dogtertjie agter haar aangeloop het nie,” het Motsoeneing gesê. Marelize was glo onder die indruk dat die kind saam met haar man, George, huishulp en ouer boetjie en sussie in die huis is.
“Die ma het haar kant- en truspieëltjies nagegaan, niks gesien nie en toe agteruit begin ry. Sy het gevoel sy tref iets en het dadelik gestop om ondersoek in te stel, waarna sy dié gru-ontdekking gemaak het,” het Motsoeneing bygevoeg.
Paramedici van ER24 was op die toneel, maar kon niks doen om Erika se lewe te red nie. Marelize is vir skok behandel en moes daarvoor gehospitaliseer word. Motsoeneing sê hoewel die polisie weet dit was ‘n ongeluk, is ‘n saak van strafbare manslag oopgemaak.
Simpatie vir die ma dit is n groot verlies maar amper n frats ongeluk Sterkte vir die famlie.
Baie sterkte aan die hele familie! veral aan die mamma!!
Baie baie sterkte aan die familie, julle is in ons gebede en ons glo dat Onse Hemelse Vader julle sal toevou en met liefde en genade sal ondersteun.
Toe ek die Huisgenoot oop maak en die storie lees .Het my hart die seer gevoel .Marelize staan sterk en
onthou dat dit n ongeluk was hoekom dit op jou pad gekom het sal ons nie weet nie .Aan die hele gesin
sterkte en Gods genade vir die moeilike tyd wat nog voor le . Ons as mens sal nie verstaan nie maar God weet van julle seer Hy sal julle dra . Ek weet en glo in my hart dat julle sal vrede vind en sterker aan die ander kant sal uit kom
Groete Wimpsie van Brits
Ek het nou net die artikel in die Huisgenoot gelees. Ek huil saam met julle, maar onthou ons elkeen se paadjie is vir ons uitgele nog voor ons gebore is, net God weet. Daar is n doel met alles al verstaan ons dit nie nou nie. My seuntjie het in November 2012n verdieping ver geval in die winkelsentrum, maar die Here het besluit om hom vir ons te spaar, daar was engeltjies by hom en duidelik het die Here nog groter plannetjies met hom. Ek dink aan julle en sal elke dag bid vir julle, laat die Here julle troos, want HY is al almagtig en vir hom is niks onmoontlik nie, HY ken jul pyn en hartseer beter as enige iemand. Gee tyd en en klou vas aan daai pragtige herinneringe wat julle van haar het, dis die kosbaarste en niemand kan dit ooit wegneem nie.
Baie Sterkte en God sal vir julle die krag gee vir elke dag!