ʼn Vrou en haar vierjarige seun is dood toe die motor waarin hulle gery Maandagoggend naby Mahikeng in Noordwes omgeslaan het.
ʼn Woordvoerder van die Noordwes veiligheidsdepartement, Lesiba Kgwele, sê die vrou se man het die motor bestuur. Hy het glo kort na middernag vir diere op die R503 tussen Rooigrond en Danville uitgeswaai toe hy glo beheer verloor het oor die motor. Die motor het omgeslaan en die ma (34) en haar vierjarige seun is uit die motor geslinger. Hulle is op die toneel dood. Die pa (37) en nog twee kinders, onderskeidelik een en 16 jaar oud, is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem met ernstige beserings.