ʼn Ma, haar seun en nog ʼn man is in hegtenis geneem in Delft, Kaapstad nadat daar onwettige ammunisie in hul tuin gevind is.
Kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het Donderdag ʼn klopjag by die huis in Roosendal uitgevoer nadat hulle ʼn wenk van gemeenskapslede ontvang het. Kinana sê talle rondes ammunisie is in ʼn gat in die erf gevind. Die polisie het ook op ʼn sakkie tik beslag gelê. ʼn 48-jarige vrou, haar 22-jarige seun en nog ʼn 20-jarige man is in hegtenis geneem. Die drie sal na verwagting Maandag in die Bellville-landdroshof verskyn.