Ma skuldig aan moord op baba

hofhamertjie3ʼn Ma is Donderdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op haar pasgebore babaseun.

Luit. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, sê Geogina Precious Rooibaatjie (33) het op 11 September 2011 geboorte gegee aan die babaseuntjie. Kock sê Rooibaatjie het eers die baba probeer verdrink deur hom in ʼn emmer vol water te sit. “Sy het hierna die baba uit die emmer gehaal en hom in die toilet probeer afspoel maar hy was te groot. Sy het die baba hierna in ʼn groen plastieksak gesit en hom onder die bed weggesteek.” Kock sê die polisie het na ʼn wenk die babaseun se lykie onder die bed gevind en die ma in hegtenis geneem. Volgens die nadoodse ondersoek is die babaseun dood nadat hy onder meer beserings aan sy skedel opgedoen het. Rooibaatjie sal op 5 Desember gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

A.W. ·

Liewe Genade, hoe kan ‘n Ma dit aan haar eie kind doen, ‘n onskuldige babatjie. Bring haar vir my
Ek weet wat om met haar te DOEN!!!!!

Eben ·

Liewe aarde … waar gaan alles eindig? Maak nie saak watter ras, draai die kind toe in kombers en laat by iemand se voordeur, maar om te dood ….. ai ai ai die seuntjie het nie n kans gehad om te lewe! Lewenslank is te kort …..

annie ·

Hoe wreed kan n mens wees om n baba so dood te maak sy is nie n ma werd nie druk haar kop in water tot sy dood verdrink. Baba rus nou sag in sy pappa God se arm niemand kan jou iets aan doen nie

Tina ·

Ek wonder waar lê die lewenswaarde vandag, tussen pasgebore tot die ou mense se lewens word soos mossies uitgewis sonder skaamte of skuldgevoel.. Mag God ons kinders stywer vashou as ooit want waar lê die respek vir lewe as hul groot is. So gryp mense die toekoms uit God se hande, wat het Hy nie vir daardie kindjie beplan nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.