Ma sterf toe sy 4-jarige se lewe red

‘n Ma het Maandagmiddag gesterf in ‘n poging om haar 4-jarige te keer om deur ‘n minibustaxi in Durban omgery te word.

Volgens ooggetuies het die ma en dogtertjie naby die kruising van Alice- en Fieldweg in Durban geloop toe die 4-jarige dogtertjie losgebreek en oor die pad begin hardloop het. “Die ma het in die pad in gehardloop om te keer dat ‘n minibustaxi haar dogtertjie omry,” het André Visser, woordvoerder van ER24 gesê. Die vrou is egter deur die taxi getref.

Die vrou het steeds in die pad gelê toe ER24 se paramedici opgedaag het. Die 31-jarige vrou het verskeie noodlottige wonde opgedoen en is later op die toneel dood verklaar. Die 4-jarige het slegs geringe kneusplekke en skrape opgedoen. Sy is later deur ‘n ander ambulansdiens na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.