Ma tronk toe oor seksvideo van dogtertjie

ʼn Ma wat haar vierjarige dogtertjie seksueel aangerand en uitgebuit het deur haar te verfilm saam met haar naakte pa is tot 16 maande tronkstraf gevonnis.

Die Irish Independent berig dat die 28-jarige ma, wie nie geïdentifiseer kan word nie om die identiteit van haar dogtertjie te beskerm, skuld erken het op die aanklagte wat verband hou met die voorval wat op 12 Maart 2010 plaasgevind het. Die ma is tot drie jaar tronkstraf gevonnis waarvan 20 maande opgeskort is. Die video wys hoe die dogtertjie se pa op ʼn bed lê, naak van sy middellyf af ondertoe, met die dogtertjie se gesig naby aan sy geslagsdeel. Op die video kan daar gehoor word hoe die ma lag en en haar dogtertjie sê “glimlag vir die kamera.” Die video het aan die lig gekom nadat ʼn lid van die publiek op ʼn stukkende foon afgekom en na die inhoud op die simkaart gekyk het.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.