Ma van Middelburg ontvoer, vermoor

Igna Nortjé. Foto: Beeld

ʼn Ma van ʼn 8-jarige dogtertjie is Woensdag tussen eMalahleni (Witbank) en KwaMhlanga vermoor, ná sy vroeër die dag in Middelburg ontvoer is.

Igna Nortjé (33), ʼn  oudioloog  van Middelburg, se liggaam is  ʼn paar meter van haar verlate voertuig naby Verena gevind. Sy het verskeie steekwonde, onder meer aan haar keel, gehad, het kolonel Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

Beeld berig rowers het haar die oggend ontvoer en drie keer deur die dag geld uit haar bankrekening onttrek. Sy laat haar man Riaan (31) en dogter Mia agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.