Ma van Welkom wreed vermoor

Carmen van der Westhuizen (38), ‘n ma van twee kinders, is Donderdag in haar nuwe huis in Riebeeckstad, Welkom, met ʼn skerp voorwerp vermoor. Haar gesin het verlede naweek na Welkom verhuis.

Konstabel Kethabile Mofokeng, ʼn polisiewoordvoerder van die Vrystaat, sê die ma het die oggend haar man, Pieter, by die werk gaan aflaai en die kinders by die skool. Die gesin het begin onraad vermoed nadat die ma nie die kinders na skool gaan oplaai het nie. “Onderwysers het haar probeer kontak, maar sy het nie haar foon geantwoord nie. Haar man kon haar ook nie in die hande kry nie. Hy het hul sekuriteitsmaatskappy ontbied om ondersoek te gaan instel en self ook na die huis gegaan,” het Mofokeng gesê.

Pieter het sy vrou se liggaam in ʼn plas bloed in die kombuis aangetref waar sy bokse uitgepak het. Sy het verskeie wonde aan haar bors, nek, rug en kop gehad. Sy is vermoedelik met ʼn byl of ʼn panga aangeval en is op die toneel dood verklaar.

ʼn Man is reeds Donderdagaand in verband met die moord in hegtenis geneem nadat daar wyd na hom gesoek is. Hy moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

mina ·

sien nog n moord mnr Zuma tyd geword dat julle wakker word met n bang julle loop met oogklappe op

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.