Ma vas ná rotte aan baba vreet

Die bedjie waarin die seun gevind is. Foto: eNCA

Die bedjie waarin die seun gevind is. Foto: eNCA

Die ma van ʼn sewe maande oue babaseuntjie wie se liggaam Sondag in Diepsloot, noord van Johannesburg, aangetref is, is Dinsdagaand in Randburg in hegtenis geneem.

Kapt. Tsekiso Mofokeng, ʼn Gautengse polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê die polisie gaan haar verklaring afneem, waarna ʼn datum vir haar hofverskyning bepaal gaan word.

Sy word aanvanklik van kinderverwaarlosing aangekla. “Sy kan teregstaan op ander aanklagte, hangende die uitkoms van die kind se nadoodse ondersoek,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig die kind se liggaam is Sondagoggend deur bure in die vrou se plakkershuis gevind. Die kind se een voet was weg. “Verdere ondersoek het daarop gedui dat rotte moontlik die kind se voet afgeknaag het,” het Mofokeng toe gesê. eNCA het ook berig dat daar verskeie byt- en knaagmerke aan die kind se liggaam was en dat die vel op die kind se gesig ook gevreet is.

Lees ook:
Polisie ondersoek kind se “rot-dood”
Verminkte babalykie in Diepsloot opgespoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Justi ·

Lol Amy…….koei is n baie mooi woord vir so n nalatige, wrede daad. Ek stem saam laat die rotte haar knaag maar bind haar vas. Dan is sy net so magteloos soos die baba was.

sylvia ·

o hel as ek kon sou ek die ma vir die leeus gee om op te vreet sodat sy voel waardeur daardie bondeltjie moes deur gaan. as jy nie kinders wil he nie moet dan nie jou bene oop maak nie

elzaan ·

Kinderverwaarlosing????? Die arme baba is dood! Dit is moord!!! Maar o ja, dit is Suid Afrika.

leon ·

Julle is wreed. Rotte is mos groot maak haar liewer vas op n rooimier nes. Hulle eet mos langer en so baie eet aanhoudend.

Elize Grundling ·

Stel Kerkplein oop, maak hulle aan ‘n paal vas en laat mense hulle met klippe stening – tot aanskou van almal – ek dink dit sal mense 2 keer laat dink voor verkragting, moord en roof plaasvind. Sodoende hou ons die tronke leeg en ons sakke voller, dan hoef ons nie nog vir die peste te betaal om in ‘n tronk te sit nie.

Nina ·

Ek hoop van harte dat hierdie kleine babatjie reeds dood was voor die rotte aan hom geëet het. Dis darem wragtig ‘n wrede manier om te sterf … :(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.