Ma vas ná sy baba alleen los

ʼn Ma is in hegtenis geneem en gaan van verwaarlosing aangekla word, nadat sy haar vier maande oue baba alleen by die huis gelos het terwyl sy gaan drink het.

Adjudant-offisier Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die 28-jarige ma is Sondag in Soweto, Gauteng, in hegtenis geneem.

“Die pa van die babadogtertjie het die vrou se huis in Zola gaan besoek en agter gekom sy het die babatjie alleen gelos,” het Makhubela gesê.

“Hy het die vrou gaan soek en haar dronk in ʼn sjebien aangetref. Hy het die polisie ontbied en hulle het haar in hegtenis geneem,” het Makhubela bygevoeg.

Makhubela het gesê die babatjie is in die pa se sorg geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.