ʼn Ma is in hegtenis geneem nadat sy haar vyf kinders glo vermoor het in Pampierstad in die Noord-Kaap.
ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Cherelle Ehlers, sê ʼn familielid het die ma se huis Maandag besoek waar sy op die lyke van die vyf kinders afgekom het.Die ma is Dinsdag in hegtenis geneem. Die kinders was onderskeidelik 13, 10, vyf, vier en twee jaar oud. Ehlers sê ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van dood te bepaal. Die polisie ondersoek die saak.