Ma vas na sy met baba jaag

ʼn Vrou van Centurion is Maandagaand in hegtenis geneem nadat sy teen meer as 200 km/h gery het met haar baba in die motor.

Busaphi Nxumalo, woordvoerder vir die Gautengse verkeerspolisie, sê die 22-jarige vrou is op die R21 vasgetrek waar sy teen 207 km/h gery het. “Nadat die polisie die vrou afgetrek het en die vrou ingelig het oor hoekom sy afgetrek is, het sy aangevoer dat sy gejaag het omdat haar baba siek is. Die polisie het ondersoek ingestel en gevind dat daar niks fout is met die baba nie, eers toe die ma die fopspeen uitgehaal het, het die baba begin huil.” Die vrou is van roekelose en nalatige bestuur aangekla, met ʼn alternatiewe aanklag van die oortreding van die spoedgrens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.