Ma vereer vir heldedaad ná vliegtuigongeluk

Melanie Coffee en Wyatt Foto: Facebook

Melanie Coffee en Wyatt Foto: Facebook

‘n Foto van die vliegtuigongeluk volg onderaan die berig. ʼn Ma moes haar vyf maande oue baba se lykie agter laat en ongeveer 1.6 km in onbegaanbare terrein en sneeu aflê om ʼn reddingspan te help om by ʼn vliegtuigongelukstoneel in Alaska uit te kom.

Melanie Coffee (25) moet nou die dood van haar enigste kind verwerk terwyl sy in die hospitaal aansterk.

Drie volwassenes, insluitend die vlieënier, het ook omgekom toe ʼn ligte pendel-vliegtuigie Vrydagaand in Alaska neergestort het.

Coffee was die enigste van die ses oorlewendes wat die moeisame tog kon onderneem.

Sy sterk tans in ʼn hospitaal in Anchorage aan nadat sy ʼn operasie aan haar arm ondergaan het. Sy het ook borsbeserings opgedoen.

Peter Andrew, adjunk burgemeester van die dorpie waar Coffee woon, het haar heldedaad vereer. Andrew sê beraders is ontbied na die dorpie, sowat 640 km van Anchorage met sy 800 inwoners, om die afsterwe van die drie mense en klein Wyatt te verwerk. “Almal ken almal. Dis ʼn baie klein gemeenskap. Só tragedie het ʼn reuse impak,” het Andrew gesê.

Die Cessna 208 was van Bethel na St Marys onderweg, ʼn 10 minute vlug, toe dit weens slegte sig, sowat 6 km voor die lughawe by St Marys neergestort het. Wyatt het glo sonder ʼn veiligheidsgordel op sy ma se skoot gesit toe die ongeluk gebeur het.

Coffee het probeer om ʼn gesondheidswerker in Mountain Village te bel om haar te help om haar seuntjie by te bring en die noodreddingswerkers ook só in kennis te stel van die ongeluk. Dit was egter tevergeefs en sy moes deur die digte mis en ysreën stap om hulp te ontbied. Polisiebeamptes van Alaska het die rooi flitslig gesien en dit gevolg tot hulle by Coffee aangesluit het. Sy het hulle van daar na die ongelukstoneel gelei.
alaska vliegtuigongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Ai, dis hartseer. Hoop die mamma vind vertroosting daarin dat sy oorleef het, omdat daar ‘n doel is met haar lewe. Sterkte aan die mamma en die ander oorledenes se familie en vriende.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.