Ma “verkoop” dogter glo vir R50

ʼn Vrou is in hegtenis geneem nadat sy haar jong dogter glo vir R50 vir mans aangebied het.

Volgens die Daily Voice is die vrou Vrydag in hegtenis geneem en sal sy Maandag in die landdroshof in Atlantis in die Wes-Kaap verskyn. ʼn Saak van seksuele uitbuiting is aanhangig gemaak nadat die 13-jarige dogter haar vriendin oor die beweerde mishandeling ingelig het. Die vriendin het toe ʼn onderwyser in kennis gestel wat toe die polisie ontbied het.

Die tiener sê sy is as ʼn seksslaaf buite shebeens voor mans geparadeer. Die ma het die geld glo gebruik om alkohol mee te koop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.