Ma vermoor vyf kinders

ʼn Ma wat haar vyf kinders vermoor het, het Maandag in die rondgaande hof op Vryburg verskyn.

“Die vonnis is uitgestel terwyl ons op die vonnisverslag wag,” het Thotoane Shale, woordvoerder van Legal Aid gesê.

Regter Ronald Hendricks het Vinolia Siwa op 4 September op al vyf aanklagte van moord skuldig bevind. In ʼn verklaring wat deur haar verdediging voorgelees is, het die ma van ses bevestig dat sy vier van haar kinders met ʼn mes gesteek en haar jongste kind in Oktober 2011 verdrink het. “Ek het ʼn mes uit die kombuis gehaal en die vier kinders gesteek. Ek het hulle in die nek gesteek en die jongste verdrink,” lui die verklaring.

Sy het die hof versoek om haar vyf maande oue babadogtertjie in gedagte te hou, wat in die tronk gebore is. “Sy het my in haar lewe nodig,” het sy gesê. Die moorde het by Siwa se huis in die Majeakgoro Village by Pampierstad plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.