Ma verwurg haar baba

‘n 21-jarige vrou is Vrydag in Butterworth in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat sy glo haar twee maandeoue baba verwurg het.

“Die verdagte het aan haar familie gesê dat sy haar seuntjie op 21 November verwurg het, en besluit het om hom in ‘n bos weg te steek,” het kaptein Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Die baba is in ‘n slegte toestand opgespoor. Die motief vir die grusame moord is nog nie vasgestel nie, maar die familie het besluit om die polisie oor die misdaad in kennis te stel. Die vrou is in hegtenis geneem en van moord aangekla,” het Manatha gesê.

Die vrou se ma het haar gevra waar die baba is en sy het geantwoord dat hy by sy pa se huis is. Die familie het egter die pa gekontak, en gehoor dit is nie die waarheid nie. Sy het hulle toe na die bos gelei waar sy die liggaampie weggesteek het.

Die vrou sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Butterworth verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.