Ma wat 2-jarige vermoor gevonnis

Tariq Jacobs

Zulpha Jacobs van Kaapstad is Maandag skuldig bevind dat sy haar tweejarige seun vermoor het.

Jacobs (30) is Maandag in die hooggeregshof in die Wes-Kaap tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy ʼn skuldbekentenisooreenkoms met die staat onderteken het, berig EWN. Jacobs het skuld erken dat sy haar seun, Tariq, in 2011 vermoor het. Sy het verduidelik hoe sy hom versmoor het deur sy kop in ʼn sandduin in Beacon Valley in te druk.

Verskeie familielede het gehuil toe Jacobs se prokureur ʼn brief van haar voorgelees het. Sy sê sy het haarself nog nie vergewe nie en dat sy, tydens die voorval, nie “regdenkend” was nie.

Terwyl polisiebeamptes haar uit die hof vergesel het, het sy glo gehuil,” Ek is lief vir jou, mamma.”

Zulpha Jacobs Foto: Graeme Raubenheimer, EWN

Tariq, se liggaam is op 31 Desember 2011 in ʼn vlak graf agter die Imperial skool in Beacon Valley in Kaapstad gevind. Jacobs het Tariq aanvanklik as vermis aangemeld, maar is in hegtenis geneem nadat sy later glo erken het dat sy hom vermoor het. Tariq is Jacobs se derde kind wat in minder as ʼn dekade dood is. Al drie was twee jaar of jonger ten tyde van hulle dood

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.