Ma wat dogters uitverhuur lewenslank tronk toe

ʼn Ma wat haar twee dogtertjies vir seks verkoop het, is twee vonnisse van lewenslange tronkstraf, sowel as ʼn bykomende 31 jaar tronkstraf opgelê deur die Pretoriase streekhof.

Pretoria News berig dat die ma (34), van Monument Park, in trane uitgebars het toe landdros Mariette Louw haar vonnis aangekondig het. Sy is skuldig bevind op meer as 20 aanklagte insluitend aanklagte van medepligtigheid tot verkragting, medepligtigheid tot seksuele aanranding en die mishandeling van haar dogters. Haar vonnisse sal gelyktydig uitgedien word. Die pa (40) is skuldig bevind aan aanranding, onsedelike aanranding en kindermishandeling. Hy is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir elke aanklag waaraan hy skuldig bevind is. Sy vonnisse sal ook gelyktydig uitgedien word. Die hof het vroeër gehoor dat die egpaar se dogters, toe vyf en drie jaar oud, vir seks verkoop is tussen Desember 2005 en Desember 2007. Hulle is in Desember 2007 uit die sorg van hulle ouers verwyder weens verwaarlosing. Die seksuele mishandeling het aan die lig gekom nadat die oudste sussie in 2008 vir ʼn juffrou by die skool daarvan vertel het. Die sussies het aan die hof vertel dat hulle na verskeie plekke geneem is deur hulle ouers waar hulle vir mans en vrouens moes dans. Volgens die sussies is hulle gedwing om orale seks te hê met van die mans. Die mans het ook hulle klere uitgetrek en dan met hulle seks gehad. Die mans het die ma R100 betaal. Die sussies is ook gedwing om foto’s te neem van hulle pa se private dele en is ook gedwing om skoon te maak nadat hy op die mat geürineer en ontlas het.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.