Ma wat glo 2-jarige vermoor het erken skuld

Die tweejarige Tauriq Jacobs wat glo deur sy ma vermoor is

ʼn Groep mense het Maandag buite die landdroshof in Mitchells Plain in Kaapstad saamgedrom waar ʼn 30-jarige ma beken het dat sy haar tweejarige seuntjie vermoor het.

“Ons soek Zulpha, ons soek Zulpha,” het die skare geskree na die saak teen Zulpha Jacobs tot 16 Februarie vir verdere ondersoek uitgestel is. Landdros Tom Cloete het aan Jacobs, wat swart klere met ʼn geel tulband aangehad het, gesê dat sy tot met haar volgende verhoordatum in aanhouding sal bly. Jacobs, wat van moord op haar tweejarige seuntjie, Tauriq, en kinderverwaarlosing aangekla word, het haar kop geknik en na die grond gestaar toe Cloete met haar gepraat het. Sy word in die Pollsmoor-tronk se mediese afdeling gehou. Tauriq Jacobs is die derde van haar kinders, wat almal die afgelope dekade onder die ouderdom van twee jaar oud dood is. Tauriq se liggaam is op 31 Desember in die bosse in die duine agter Imperial Laerskool in Beacon Valley opgespoor. Jacobs het Tauriq as vermis aangemeld. Sy is in hegtenis geneem nadat sy erken het sy het hom vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.