Ma wat glo kind vermoor se saak uitgestel

Tariq Jacobs

Die saak van ʼn vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar tweejarige seun vermoor het, is Donderdag in die Mitchells Plain landdroshof uitgestel.

Zulpha Jacobs is nie gevra om te pleit nie en die saak is tot 26 April uitgestel terwyl daar gewag word op die uitslae van die nadoodse ondersoek. Jacobs word aangekla van moord nadat haar seun, Tariq, se liggaam op 31 Desember in ʼn vlak graf agter die Imperial skool in Beacon Valley in Kaapstad gevind is. Jacobs het Tariq as vermis aangemeld maar is in hegtenis geneem nadat sy later glo erken het dat sy hom vermoor het. Tariq is Jacobs se derde kind wat in minder as ʼn dekade dood is. Al drie was twee jaar of jonger ten tyde van hulle dood. Die polisie ondersoek ook die ander twee kinders se dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lome4 ·

Ek het Des 2011 gelees sy was n ‘dagmoeder’ en het ander kleuters ook opgepas..skrikwekkend:-(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.