Ma wat glo seun vermoor ook vir ander kinders se dood ondersoek

Tauriq Jacobs

ʼn Swanger ma wat Saterdag erken het dat sy haar tweejarige seun vermoor het, word ook ondersoek in verband met die dood van minstens twee van haar ander kinders.

Tauriq Jacobs se lyk is omstreeks 14:00 Saterdagmiddag in ʼn vlak graf naby die Laerskool Imperial in Beacon Valley gevind. Jacobs is as vermis aangegee nadat hy Donderdagoggend laas by ʼn busstop in Mitchells Plain gesien is. Jacobs se ma het Saterdagaand erken dat sy haar seuntjie vermoor het nadat sy vroeër die dag in hegtenis geneem is. ʼn Polisiewoordvoerder, ao November Filander, sê die polisie ondersoek nou ook die dood van minstens twee van die vrou se ander kinders. Filander sê ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word om te bepaal waaraan Tauriq dood is. Die 36-jarige ma sal na verwagting Dinsdag in die Mitchells Plain landdroshof verskyn op aanklagte van moord en verwaarlosing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.