Ma wat glo vyf kinders vermoor weer in hof

Die saak teen ʼn vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar vyf kinders vermoor het, is Donderdag in die Pampierstad landdroshof uitgestel.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt Tony Modise, sê die 35-jarige Venolia Siwa sal weer op 18 Januarie in die hof verskyn wanneer sielkundige verslae beskikbaar sal wees. Siwa is in Oktober vanjaar in hegtenis geneem nadat ʼn familielid op die vyf kinders se lyke afgekom het. Die vyf kinders – drie seuns en twee meisies van onderskeidelik 13, 10, 5, 4 en 2 jaar oud – is glo gedwing om ʼn konkoksie van remvloeistof en koeldrank te drink. Siwa het glo besluit om hulle in ʼn emmer te verdrink toe die konkoksie nie vinnig genoeg gewerk het nie. Die hof het gelas dat Siwa 30 dae in ʼn gestig spandeer vir evaluering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.