Ma wat haar, seun in kar vergas se name bekend

ʼn Ma van Pretoria wat haarself en haar 8-jarige seun Dinsdagaand  in ʼn voertuig by ʼn winkelsentrum vergas het, se name is bekendgemaak.

Volgens adjudant-offisier Annabelle Middleton, ʼn woordvoerder van die Brooklyn-polisiestasie, is die liggame van Emily Mokobane (30) en haar seun, Jansen, in ʼn Chevy Aveo by die Atterbury Valuemart-winkelsentrum gevind. Hulle het in Mountain View, in die weste van Pretoria, gewoon.

Mokobane het haarself en die seun glo in die voertuig toegesluit en vergas. ʼn Emmer met ʼn onbekende skadelike vloeistof is op die agtersitplek van die voertuig gekry. Albei was in die voorste sitplekke van die voertuig, met hul sitplekke afgeslaan en hul liggame was onder ʼn kombers toegegooi.

ʼn Veiligheidsbeampte het die gru-ontdekking gemaak en die polisie ontbied.

“Die rede vir die beweerde selfmoord is nog nie bekend nie. Daar is nie ʼn selfmoordbrief gevind nie,” het Middleton aan Maroela Media gesê. Sy sê die polisie ondersoek ʼn saak van selfmoord en moord. Die onbekende vloeistof is vir forensiese toetse gestuur en ʼn nadoodse ondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.