Ma wat kind los om te gaan drink sê jammer

Die ma wat in hegtenis geneem is nadat sy haar vier maandeoue baba alleen by die huis gelos het terwyl sy gaan drink het, het om verskoning vir dié daad gevra.

Maroela Media het Maandag berig die 28-jarige ma is Sondag in Soweto, Gauteng, in hegtenis geneem. Die pa van die babadogtertjie het die vrou se huis in Zola besoek en gesien sy het die babatjie alleen gelos. Hy het die vrou gaan soek en haar dronk in ʼn sjebien aangetref. Hy het die polisie ontbied en hulle het haar in hegtenis geneem en van verwaarlosing aangekla. Sy is Maandag vrygelaat nadat die pa die saak teruggetrek het.

“Die enigste rede hoekom ek my kind gelos het, was omdat ek depressief is en alleen gevoel het. Die baba se pa sorg nie vir my nie, alkohol help my om van my probleme te vergeet,” het die vrou aan The New Age gesê.

“Ek wou nie die kind gehad het nie. Die enigste rede hoekom ek die babatjie gekry het, was omdat my kêrel my gevra het vir ʼn kind. Nou is ek vet en nie meer goed genoeg vir hom nie,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.