Ma wat vyf babas vermoor gevonnis

‘n Hof in Duitsland het Donderdag ‘n ma van twee tot nege jaar tronkstraf gevonnis nadat sy vyf van haar babas, wie se geboortes sy geheim gehou het, vermoor het.

Die 29-jarige vrou het tydens die hofsaak in die noordelike dorp van Flensburg erken dat sy tussen 2006 en 2012 in die geheim aan vyf kinders geboorte geskenk het, en hulle onmiddellik vermoor het. Drie van die babas is versmoor en twee is met ‘n skêr gesteek. Die vrou van Husum, wie se naam nie bekendgemaak is nie, is op vyf aanklagte van manslag skuldig bevind.

Alhoewel die hof nie kon bepaal waarom die vrou die babas vermoor het nie, het sy tydens ondervraging aan polisie erken dat haar man nie nog kinders wou hê nie.

“Die beskuldigde het tydens swangerskap en geboorte die proses onderdruk en totaal ignoreer. Die kraampyne het haar onverhoeds betrap,” het regter Michael Lembke gesê. “Maar haar aksies was telkens onbeplan. Alhoewel sy ‘n oortreder is, is sy nie ‘n monster nie.”

‘n Sielkundige assessor het gesê die motief vir die moorde bly onduidelik.

Die vrou, wat twee skoolgaande kinders het, het by die huis of in die bos gekraam. Twee lykies is onderskeidelik in 2006 en 2007 in ‘n papierherwinningsaanleg en ‘n parkeringsarea opgespoor. Toe die vrou verlede jaar gevra is om ‘n roetine DNA-monster te verskaf as deel van ‘n ondersoek, het sy haarself aan die polisie oorgegee en hulle na die ander drie lykies in haar kelder geneem.

Haar man was “totaal verslae” toe sy in hegtenis geneem is. Hy het aan die polisie gesê hy het geen benul gehad van die swangerskappe nie.

Dié saak is een van die ergste in Duitsland sedert 2005 waar ‘n ma tot 15 jaar tronkstraf gevonnis is nadat sy agt van haar babas vermoor het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HELENA SEABORNE ·

grootste pot snot wat ek nog in my lewe gehoor het. hu kon hy ni weet sy is swanger ni. hulle mus tog seks gehad het om te kan swanger raak. het hy gedink haar groot maag en borste is oeverblindery. voorbehoeding is in duitsland ook beskikbaar. wat is di verskoning daarvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.