Ma wou baba glo buite winkel weggee

Rozenna Luna

‘n Vrou word van kindermishandeling aangekla nadat sy haar baba glo aan vreemdelinge buite ‘n gerieflikheidswinkel in Phoenix, Arizona in Amerika wou weggee.

“Beamptes is Woensdagaand na die winkel ontbied om na Rozenna Luna (36) en haar ses maandeoue baba om te sien,” het sers. Tommy Thompson, woordvoerder van die polisie, gesê. Getuies het aan beamptes gesê Luna het vreemdelinge gevra of hulle ‘n kind verniet wou hê.

Volgens die polisie was Luna glo onder die invloed van alkohol en het sy twee dae vantevore metamfetamien gerook. Sy het glo geen poging aangewend om enige veilige hawe, regeringsagentskappe of familielede te kontak of om hulp te vra nie. Luna het uiteindelik glo self die polisie ontbied. Hulle sê sy het geweet sy sal in hegtenis geneem word oor uitstaande lasbriewe en sal nie na haar kind hoef om te sien nie.

Die baba is tans in staatsorg.

Bron: Huffington Post

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.