“Maak gereed vir grootskaalse moeilikheid landswyd”

De Doorns

Duisende stakende plaaswerkers het Donderdagmiddag op die N1-snelweg in De Doorns betoog, het die Black Association of the Wine and Spirit Industry (Bawsi) gesê.

Hulle besoek glo plase al langs die pad om meer ondersteuners te werf. “Ek lei die optog en daar is duisende van ons hier wat deur Njalas (gepantserde polisievoertuie) gelei word. Ek is oortuig dat die hele land se polisie hier is,” het Nosey Pieterse, president van Bawsi, gesê. “Ons betoog vreedsaam sodat almal kan sien dat hierdie ding [die staking] nie gaan weggaan nie. Dit is ‘n empatiese boodskap dat die staking aan die gang is.”

Betogers het by elke plaas gestop en ‘n memorandum aan werkers oorhandig waarin hulle, onder andere, eis dat die dagloon na R150 verhoog moet word. Pieterse sê die betoging en plaasbesoeke se doel is nie om boere uit te lok nie.

Vermeende werkers het sowat 10km ver in versengende hitte gestap. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n temperatuur van 35ºC voorspel. Hulle het beplan om by Hoërskool Hexrivier te stop. Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, het gesê die polisie monitor die situasie en tot dusver is geen geweld nog aangemeld nie.

Plaasarbeiders het verlede jaar begin staak en op ‘n hoër dagloon en die inwerkingstelling van ‘n samehangende grondhervormingsprogram aangedring. Die staking is in Desember opgeskort, maar is verlede week Woensdag in verskeie dorpe in die provinsie hervat. Klik hier om meer te lees.

Vakbondfederasie Cosatu het Dinsdag ‘n weeklange opskorting van die staking aangekondig op die voorwaarde dat Agri SA aan sekere voorwaardes moet voldoen.

Tony Ehrenreich, sekretaris van die Cosatu in die Wes-Kaap, het gesê die opskorting sluit nie De Doorns in nie, aangesien werkers daar met hul eis van R150 volstaan en nie wil onderhandel nie. Ehrenreich en LUR Gerrit van Rensburg het gesê ‘n groot deel van die plaasarbeiders het Donderdag in talle plattelandse dorpe na hul werksplek teruggekeer.

Ten minste 180 mense is sedert verlede week Woensdag in verband met die betogings in hegtenis geneem.

Die Vryheidsfront Plus (VF+) en die Transvaalse Landbou-unie (TauSA) het beide ‘n uitspraak wat Ehrenreich Woensdag glo tydens ‘n vergadering oor die staking gemaak het, veroordeel. “Die grondoorlog sal binnekort kom,” het Ehrenreich glo, volgens Beeld, gesê. Pieter Groenewald, woordvoerder vir VF+, het gesê sulke kommentaar grens aan haatspraak en hits geweld aan. “Verantwoordelike regering eis dat president Jacob Zuma en sy ministers van grondhervorming en landbou moet ingryp en Ehrenreich moet verwerp,” het Groenewald gesê. TauSA het gesê dit is duidelik dat die land homself vir “grootskaalse moeilikheid landswyd” moet gereedmaak. “Die ANC en sy bondgenote moet Suid-Afrikaanse burgers ‘n duidelike antwoord gee oor wat hul uiteindelike doel met voedselproduksie op beskikbare landbougrond in Suid-Afrika is,” het Louis Meintjies, president van TauSA, gesê. “Tony Ehrenreich en sy vriende moet daad by woord voeg en nie kos eet wat plaaslik deur Suid-Afrikaanse boere vervaardig is nie.”

Ehrenreich was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

Lees ook:
De Doorns-onluste: Bawsi sê staking nie opgeskort nie
Betogings in die Wes-Kaap opgeskort
De Doorns-onluste: Naam van oorledene bekendgemaak
De Doorns: Joernaliste loop deur
De Doorns-onluste: ANC wil staking opskort
Wes-Kaap- onluste: Boere moet onderhandel sê minister
De Doorns-oproer: Polisie gebruik waterkanon
De Doorns: Joernalis se kar aan die brand gesteek
Wes-Kaap-betogings raak gewelddadig
Wes-Kaap-staking begin weer volgende week
Plaasarbeider-staking vir eers verby
Betogings in die Wes-Kaap nog “vreedsaam”
Minister vra vir vreedsame betogings
Wes-Kaap Cosatu vra vir landswye betogings
ANC lê klag teen Zille oor W-Kaapse onluste
De Doorns-oproer: Onderhandelings gaan dalk langer duur
De Doorns-oproer: Polisie hou situasie dop
De Doorns-oproer: Kwaadstokers glo met busse aangery
40 vas ná gewelddadige betogings in Swellendam
De Doorns-oproer: Verkneersknoop by pont naby Swellendam
De Doorns-oproer: Cosatu moet betogers nog eers inlig oor betogings
De Doorns: “Skiet die goed vrek,” sê polisie glo
De Doorns-staking: Boer beseer, paaie gesluit
De Doorns-staking vir eers opgeskort
De Doorns-staking: “Plaasarbeider” sterf, vyf beseer
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase
De Doorns-kinders glo te bang om skool by te woon
De Doorns-betogers verjaag Zille
KVBA onderhandel in De Doorns
Boer van De Doorns in hegtenis geneem
Stakende plaasarbeiders steek plase glo aan die brand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

mina ·

waar gaan dit ales eindig plaas hulle dankbaar wees hulle het n werk duisende sit sonder werk . as die boere dit nie kan bybring en hulle sit sonder werk werk dan gaan hulle weer betoog. kry hulle dit reg om meer salaris te kry word daar buitendien van die ander laat loop want die boer kan dit nie bekostig nie. hulle is soos n klomp pappegaaie een het die ding begin en amal gaan saam.

Connor ·

Nice answers in return of this matter with firm arguments and telling
the whole thing on the topic of that.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.