Maak vol – brandstoftekort in Gauteng, Kaap

Die Brandstofkleinhandelaarsvereniging (FRA) sê daar is ʼn tekort aan sekere brandstowwe in Kaapstad en Gauteng.

Die uitvoerende hoof van die FRA, Reggie Sibiya, sê sommige vulstasies in provinsie het aangemeld dat hulle al vir sowat ʼn week ʼn tekort aan sekere produkte. Hy sê daar is veral ʼn tekort aan diesel en 95-oktaan. Durban het verlede maand ‘n tekort aan diesel met ‘n lae swaelinhoud gehad. Sibiya sê verspreidingspunte in Alrode, Langlaagte, Watloo en Killarney ondervind afleweringsprobleme. Hy sê BP en Caltex is die ergste geraak. Volgens Sibiya word daar nie aan brandstofhandelaars gesê wat die oorsaak van die tekort is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.