Maande om sinkgat te herstel

Foto: www.looklocal.co.za

Die Gautengse departement van paaie en vervoer sê dit sal maande neem om ʼn sinkgat op die N14-snelweg (Ben Schoeman) in Centurion te herstel.

Octavia Mamabolo, woordvoerder vir die departement, sê ’n waterlek het die sinkgat op die middelman naby die Jeanlaan-afrit veroorsaak. “Indien die omvang van die werk, die tegniese ingewikkeldheid van die projek en die verkeer en veiligheid oorwegings in ag geneem word sal ‘n tydperk van tussen vier en ses maande benodig word vir die herstel van die sinkgat. ” Twee bane in ʼn suidelike rigting en een baan in ʼn noordelike rigting is vir verkeer gesluit. ’n Reuse-sinkgat het in September verlede jaar in Jeanlaan ingesak en herstelwerk is eers verlede maand afgehandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.