Ten minste vyf mense is dood en sewe word vermis nadat ‘n passasiersboot in westelike Madagaskar vroeër die week gesink het.
“Ons het tot dusver vyf liggame opgespoor en die sewe persone uit die inwoners langs die Betsiboka-rivier identifiseer,” het lt.kol. Ramaroson, polisiebevelvoerder van Ambto Boeni, gesê. Geen besonderhede oor die oorsaak van die ongeluk is verskaf nie. Amptelike dokumente dui aan dat die “Naina R3” sowat 30 mense na ‘n plaaslike mark vervoer het, maar die polisie vermoed daar was sowat 50 mense aan boord.” Die polisie het Vrydag gesê daar word moontlik 28 mense vermis. Plaaslike media het Saterdag berig 26 mense het die ongeluk oorleef, en 30 word steeds vermis.