Madeleine McCann: Foto’s van gesoekte man vrygestel

Madeleine McCann. Op die foto regs is hoe sy moontlik as negejarige sou lyk.

Madeleine McCann. Op die foto regs is hoe sy moontlik as negejarige sou lyk.

Die Britse polisie het Maandag ʼn beskrywing en elektroniese foto’s (sien foto’s onderaan berig) vrygestel van ʼn man na wie hulle op soek is in verband met die verdwyning van Madeleine McCann.

Madeleine het op 3 Mei 2007 uit haar ouers se vakansiewoonstel by Praia da Luz in Algarve, Portugal, verdwyn toe sy drie jaar oud was.

Die polisie het Maandag twee foto’s, wat deur ʼn rekenaar gegenereer is, vrygestel wat saamgestel is uit die beskrywing van twee ooggetuies wat naby Praia da Luz was toe Madeleine verdwyn het. Die ondersoekbeamptes het van die elektroniesegesigsidentifikasie-tegniek (e-fit) gebruik gemaak om die foto’s te genereer.

Ooggetuies het glo gesien hoe die man ʼn blonde kind, wat moontlik nagklere aanhet, in sy arms dra. Volgens die ooggetuies is die man wit, tussen 20 en 40 jaar oud en medium gebou. Hy het kort bruin hare, is skoon geskeer en medium lengte.

“Hierdie man kan moontlik die sleutel wees om dié ondersoek te ontsluit,” het hoofspeurder Andy Redwood Maandag gesê. “Dit is baie belangrik vir ons om hom op te spoor en met hom in verbinding te tree.”

Bykomende e-fit-foto’s en ʼn regstreekse onderhoud met Kate en Gerry McCann sal ook Maandagaand om 21:00 BST op BBC se Crimewatch uitgesaai word. Die program sal ook in Nederland en Duitsland uitgesaai word.

Die polisie het in 2012 ʼn foto vrygestel van wat Madeleine moontlik as negejarige sou lyk.

Twee rekenaar-gegenereerde foto's van die man waarna die polisie op soek is

Twee rekenaar-gegenereerde foto’s van die man waarna die polisie op soek is

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Amy ·

Ek glo nie sy lewe eens meer nie. Tensy iemand haar ontvoer het en haar ‘n nuwe identiteit gegee het en as hulle eie grootmaak? Maar sulke goed gebeur mos net in die flieks???

Maggie ·

Ek hoop regtig sy leef nog, dit sal ‘n heuglike dag wees as sy gevind kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.