Madeleine se ma in hof

Madeleine McCann

Madeleine McCann

Die ma van die vermiste Madelein McCann het Donderdag in die hof verskyn tydens die lastersaak teen ‘n speurder wat ‘n boek oor die saak geskryf het.

Kate McCann en haar man, Gerry, dagvaar Goncalo Amaral vir die boek waarin hy aanvoer dat Madeleine per ongeluk dood is en hy blameer haar ouers vir haar dood nadat sy in 2007 vermis geraak het. Die McCanns het dié aantygings ten sterkste ontken en sê die voormalige inspekteur se bewerings het die soektog na hul dogter belemmer en die familie se leed vererger.

“Kate en Gerry McCann is vol vertroue dat hulle die saak sal wen,” het Clarence Mitchell, woordvoerder vir die McCann-gesin, gesê. “Hulle het ‘n stewige saak teen mnr. Amaral. Die saak is nou in die hande van hul prokureur.”

Kate McCann kan as getuie geroep word, maar sal na verwagting nie getuig nie. ‘n Aantal familielede sal egter getuig oor die “skade” wat Amaral se boek hulle berokken het wat glo ook die publiek in Portugal se mening teen die gesin negatief beïnvloed het.

Die familie eis skadevergoeding van £1 miljoen (sowat R15.6 miljoen). Die McCanns het tevergeefs probeer om die boek te verban. Die boek is aanvanklik van die rakke afgehaal, maar word nou weer te koop aangebied.

Die polisie in Brittanje het in Augustus gesê hy gaan sy eie ondersoek van stapel stuur oor Madeleine se verdwyning. Sy het in Mei 2007 van ‘n vakansieoord op die Algarve verdwyn terwyl haar ouers saam met vriende by ‘n nabygeleë restaurant geëet het. Sy sou ‘n paar dae later haar vierde verjaarsdag vier.

Haar ouers glo sy is ontvoer en lewe steeds.

Lees ook:
Ontvoerde Madeleine McCann dalk nog lewend

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Boere-meisie ♡ ·

Wonderwerke gebeur … kyk na Amanda Berry-hulle ! Shame, hoop sy word gevind al is dit al 6jaar later :-(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.