“Madiba behou steeds sy veggees”

Graca Machel tydens Dinsdagaand se bekendstelling. Foto: SAPA

Graca Machel tydens Dinsdagaand se bekendstelling. Foto: SAPA

Oud-president Nelson Mandela se dogter, Makaziwe Mandela, het gesê Madiba is baie sterk, en leer mense steeds ʼn les in geduld, liefde en verdraagsaamheid.

Sy het gesê selfs al is daar tye wat dit lyk of hy swaarkry, is sy veggees steeds by hom.

Makaziwe het Dinsdagaand met die SAUK gepraat ná die bekendstelling van die Nelson Mandela Opus in Johannesburg. Mandela se vrou, Graca Machel, sy kleinseun, Ndaba Mandela, en ander familielede was by die bekendstelling.

Mandela word sedert September by sy huis in Houghton, Johannesburg, behandel nadat hy drie maande lank in die Pretoriase MediClinic Harthospitaal behandeling ontvang het vir ʼn herhalende longkwaal. Die laaste nuus wat die presidensie oor Mandela se gesondheid bekend gemaak het, is dat hy in ʼn kritieke, maar stabiele toestand is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anton ·

Vir iemand wat al klaar dood is lyk die familie nogal in ‘n opgeruimde bui.

AmY ·

Ek dink nie hy lewe meer nie. Maar waarom dit so staatsgeheim hou (as dit so is dat hy reeds dood is?)

Is daar werklik ‘N NAG VAN DIE LANG MESSE wat hulle wil verhoed? Wil hulle keer dat SA in ‘n bloedbad verander?

Nee, seker nie. Hy lewe seker maar nog.

Babs ·

Watter les het hy ons geleer? Dat jy van terroris na president bevorder word met ‘n kabinet vol kriminele?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.