Madiba-fliek kry internasionale toekenning

Twee bemarkingsplakkate van die rolprent

Twee bemarkingsplakkate van die rolprent

‘n Lokprent van die fliek volg onderaan die berig. 

Die fliek oor voormalige president Nelson Mandela se lewe het ʼn toekenning by die Aspen-filmfees ontvang.

Die fliek Mandela: Long Walk to Freedom het by die première tydens die Toronto internasionale filmfees Kanada, wat in September vanjaar gehou is, ʼn 8 minuut lange staande ovasie ontvang.

Die fliek het meegeding teen The Fight Estate, August, Osage Country, Nebraska en One Chance.

Idris Elba vertolk die rol van Mandela en Naomi Harris die rol van Winnie Madikizela-Mandela. Gys de Villiers is as FW de Klerk te sien in die rolprent.

“Ons is verheug dat die film geseëvier het, veral in die geselskap van hierdie topgehalte flieks,” het Anant Singh, die vervaardiger van die fliek wat die regte behou vir Mandela se outobiografie, Long walk to freedom, gesê.

Die fliek word op 28 November in Suid-Afrika vrygestel, waarna dit in die res van die wêreld vrygestel gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jasper ·

En Vrydag die 4de Oktober gaan die son presies op dieselfde plek opkom.

wragtig ·

Lol die fliek is seker in die bronx vertoon. Ai tog wie sal tog ooit die moeite doen om daai gemors te gaan kyk.

Strawberry ·

Sjoe! Maar hy word omtrent verafgod. Ek sal beslis nie die moeite doen om die fliek te kyk nie. Dan braai ons eerder en hou party as wat ek my tyd moet op offer vir die god. Want ek kan nie glo dat mense so kan aan gaan oor hom nie. Mense kan darem vinnig vergeet wat hy als gedoen het, en nee dit gaan NIE oor vergifnis nie. In my oe bly dit verkeerd wat hy en al die ander moordenaars gedoen het. Wonder of die fliek gaan wys wat hy gedoen het, seker nie want dit word toe gesmeer vir gerieflikheids onthalwe. Hy is mos nou n godjie!!!!!!! Maak julle oe oop en sien die werklikheid!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.