Madiba-foto opgeveil

Die foto wat vandag opgeveil word.

‘n Foto van voormalige president Nelson Mandela, wat deur die Duitse fotograaf Jurgen Schadeberg geneem is, sal Dinsdag in Johannesburg op ‘n veiling verkoop word.

Die foto is in 1952 in Madiba se regskantoor geneem en is sowat R30 000 tot R40 000 werd. Die foto, wat deel vorm van ‘n versameling van kontemporêre kuns, word op ‘n veiling deur Stephan Welz & Company verkoop. Fred Scott, besturende direkteur van die maatskappy, het aan The Times gesê die foto is ‘n deel van geskiedenis en kuns.

“Jurgen het Mandela op ‘n besonderse wyse in ‘n kalm, peinsende oomblik vasgevang, en dit maak hierdie foto net so ‘n groot kunswerk as wat dit deel uitmaak van die geskiedenis,” het Scott gesê. Die foto is geneem net nadat Mandela saam met Oliver Tambo die land se eerste swart regspraktyk geopen het.

Werke deur William Kentridge, Conrad Botes, Robert Hodgins, Wayne Barker, Norman Catherine, Simon Stone, David Koloane, Karl Gietl en Kendall Geers word ook by die veiling ingesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.