Madiba glo nie in 1 Militêre Hospitaal

Mandela. Foto: GCIS

Oudpresident Nelson Mandela word glo nie by 1 Militêre Hospitaal, waar joernaliste die afgelope paar dae uitkamp, behandel nie.

EWN berig dat Mandela in ʼn ander hospitaal in Pretoria behandel word maar wou nie die hospitaal se naam bekend maak nie ten einde Madiba se privaatheid te respekteer. Die presidensie wou egter nie kommentaar lewer op die berig nie. “Die presidensie het gesê dat Mandela in ʼn hospitaal in Pretoria behandel word en het nie die hospitaal geïdentifiseer nie vir Madiba en sy gesin se privaatheid,” het Mac Maharaj, president Jacob Zuma se woordvoerder, gesê. ʼn Groot groep joernaliste van internasionale en plaaslike media kamp sedert Saterdag by die hospitaal uit nadat dit bekend gemaak is dat Mandela in die hospitaal opgeneem is. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het Maandag buite 1 Militêre Hospitaal gestop en aan joernaliste gesê dit gaan baie goed met Madiba. Daar is ook verskeie swart militêre voertuie met geel nommerplate buite die hospitaal opgemerk. Madiba is in die hospitaal vir longinfeksie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.