Madiba in hospitaal opgeneem

Oudpresident Mandela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Oudpresident Nelson Mandela is in ʼn “ernstige maar stabiele” toestand nadat hy Saterdagoggend in die hospitaal opgeneem is weens ʼn longkwaal.

“Omstreeks 1:30 vanoggend het sy toestand agteruit gegaan en hy is in ʼn Pretoriase hospitaal opgeneem,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, gesê. Maharaj sê dokters doen alles in hulle vermoë om Mandela “beter en gemaklik” te maak. “President Jacob Zuma, namens die regering en die land, wens Madiba ʼn spoedige herstel toe en doen ʼn beroep op die media en die publiek om Madiba en sy familie se privaatheid te respekteer.”

Mandela is op 6 April uit die hospitaal ontslaan nadat hy vir nege dae lank behandeling ontvang het vir ʼn longkwaal. Hy is vroeg in Maart ook in die hospitaal opgeneem vir ʼn roetine-ondersoek en is die volgende dag ontslaan. Madiba het in Desember 18 dae in die hospitaal deurgebring nadat hy ʼn operasie ondergaan het om galstene te verwyder en behandeling te ontvang vir sy longkwaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.