Madiba-konvooi: Motoriste gefrustreerd met padsluitings

Mense staan in Madibastraat en wag vir die konfooi. Foto: Laurette Bredenhann

Mense staan in Madibastraat en wag vir die konfooi. Foto: Laurette Bredenhann

Talle motoriste, wat daagliks deur Pretoria se middestad pendel, was gefrustreerd en laat vir werk terwyl honderde roubeklaers, op die sesde dag van nasionale rou, emosioneel langs die strate gestaan het om hul laaste eer aan Mandela te betoon.

Oud-president Nelson Mandela se liggaam en konvooi gaan van Woensdag af daagliks om 07:00 van 1 Militêre Hospitaal in Thaba Tshwane na die Uniegebou geneem word, waar hy in staatsie gaan lê. Die konvooi vertrek van die hospitaal na Ou Pretoriaweg, waarna dit na die stad in Kgosi Mampurustraat (voorheen Potgieterstraat) sal afry. Die stoet beweeg dan uit Madibastraat (voorheen Vermeulenweg) in ʼn oostelike rigting tot by die Uniegebou. Alle strate wat dié paaie kruis word by die kruisings gesluit vir verkeer. Jan Smutsweg (Ou Johannesburgweg) sal van die afrit by Eeufeesweg af gesluit wees.

Die Tshwane-metro het motoriste gemaan om kennis te neem van die betrokke paaie en kruisings wat van Woensdag tot Vrydag tussen 05:00 en 09:00 deur die metropolisie gesluit gaan word.

Volgens die metro sal die betrokke paaie wat gesluit word, weer vir verkeer oopgemaak word sodra veiligheidsbeamptes die gebied as veilig beskou. Die metro het motoriste ook ingelig dat alle aangrensende paaie rondom die Uniegebou vir die volgende drie dae gesluit gaan wees.

Die metro het motoriste versoek om van alternatiewe roetes gebruik te maak en die middestad te vermy gedurende die bogenoemde tye.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Wat n sirkus!! Ek was geen aanhanger van mandela en sal ook nie wees, maar sou hy die sirkus toegelaat het? Iemand maak geld en dis nie ek en jy nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.