Madiba maak goeie vordering

Nelson Mandela tydens sy 94ste verjaarsdag op 2 Junie 2009 Foto: Nelson Mandela Foundation/SAPA

Voormalige president Nelson Mandela se toestand het verbeter, maar hy sal steeds behandeling in die hospitaal bly ontvang.

“Dokters het die presidensie laat weet dat Madiba Sondag ‘n rustige dag gehad het en steeds behandeling ontvang,” het Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, gesê. “Die regering is tevrede dat die dokters die voormalige president die beste mediese sorg bied om seker te maak dat hy so gou as moontlik kan herstel en gemaklik sal wees.”

Hy sê pres. Jacob Zuma bedank die talle Suid-Afrikaners wat tydens die naweek by verskeie Paasdienste vir Madiba gebid het. “Ons bedank ook die mense wat regoor die wêreld aan Madiba dink en hul liefde en ondersteuning op verskeie maniere beteoon,” het Zuma gesê. “Ons bedank ook ander regerings vir hul boodskappe van beterskap.”

Mandela is Woensdag kort voor middernag in ‘n hospitaal opgeneem vir herhalende longontsteking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.