Madiba “nie meer siek nie”

Twee bemarkingsplakkate van die rolprent

Twee bemarkingsplakkate van die rolprent

Voormalige president Nelson Mandela is nie meer siek nie, het ANC-strydros Tokyo Sexwale Saterdag gesê.

“Madiba het gesê hy is nie meer siek nie, hy is net oud,” het Sexwale aan verslaggewers by die Nelson Mandela-stigting in Houghton, noord van Johannesburg, gesê. Geen verdere besonderhede oor sy gesondheid is verskaf nie.

Sexwale het die bekendstelling van die rolprent, “Mandela: Long Walk to Freedom”, bygewoon. Hy het die rolprent, wat deur Anant Singh vervaardig is, as “die rolprent van alle rolprente” beskryf. “Anant se rolprent vang die geskiedenis van ons mense vas. Dit vang die reuse struggle vas.”

“Dit is ‘n loopbaanveranderende rolprent,” het Sexwale aan die akteurs gesê.

Die rolprent het net meer as R350 miljoen gekos om te maak.

Singh het gesê hy het gedeeltes uit die rolprent en foto’s van die tonele verlede jaar aan Mandela by sy huis in Qunu gewys. Hy sê Mandela het dit amusant gevind. “Is dit ek?” het Mandela gevra toe hy ‘n foto sien van ‘n toneel, waar die akteur Idris Elba een van die kenmerkende Madiba-hemde aanhet.

Zindzi Mandela, Madiba se dogter, het aan verslaggewers gesê die rolprent was terapeuties en sy wens sy kon dit alleen sien. “Sy [Singh] vermoë om so baie oomblike in ons lewens op te som is ongelooflik. Dit is uiters goed uitgevoer en opreg,” het Zindzi gesê. Sy het die rolprent saam met Singh, haar ma, Winnie Madikizela-Mandela en haar man gekyk.

Die rolprent word op 28 November in Suid-Afrika vrygestel. ‘n Première van die rolprent word Sondag by Rosebank Mall in Johannesburg vertoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

leon ·

Mense wees realisties. Madiba is al lankal nie meer met ons nie. Geen mens word so vinnig gesond nadat hy maande lank aan die lewe gehou is met masjine nie.

Jasper ·

“Madiba is nie meer siek nie” Wat is hy nou ? Oud maar stabiel, Oud maar onstabiel .Oud maar nog nie koud.of Oud en koud.

Hennie van der Merwe ·

Trippie. Ek stem heelhartiglik met jou saam! “Hy” is huistoe gevat om in sy eie omgewing en tussen sy mense te “gaan”. Ons is nie morone nie! ” Geen verdere inligting word verskaf nie”, want

sienso ·

Zelda le Grange, het met Dawie Roodt op TV gepraat en was baie ontwykend oor vrae rondom hom. Sy se hy is oud en sieklik, maar wou niks anders se nie.

leon ·

More Trip. Ja hys al lankal dood. Die tyd toe hy kamstig huistoe gegaan het. Hulle vertel die leuens wanr suid afrika moet nog stem of het jy vergeet.

swerwerkie ·

Hmm. Interessant. Ons vir jou, Suid-Afrika!
Of het almal vergeet?

Jasper ·

Ek daag die ANC om ten minste n video of foto’s van hom te plaas as waardering vir die massas se ondersteuning tydens sy “siekbed” (sonder photoshop)

Chris Snyman ·

Steek die ANC vir ons (Suid Afrika) iets weg. Word vertel dat hulle eerlik en opreg is. Gee ons die regte inligting oor Madiba en wees eerlik. Altoos, hy het baie vir ons land gedoen. Eer en respekteer Madiba.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.