Madiba pryk op nuwe banknote

Gill Marcus van die Reserwebank saam met Winnie Madikizela-Mandela tydens die aankondiging. Foto: Werner Beukes / Sapa

Die Reserwebank het Woensdag in Pretoria aangekondig dat banknote gaan verander en binnekort uitgereik gaan word met oudpresident Nelson Mandela se gesig daarop.

Die nuwe banknote sal die beeld van Mandela aan die een kant hê met een van die betrokke Groot Vyf-diere, wat op huidige note is, aan die ander kant.

Die nuwe R10-, R20-, R50-, R100- en R200-banknote sal dieselfde grootte as die huidige note wees om verwarring te voorkom.

Die Reserwebank sê die veldtog om die publiek van die nuwe note in te lig kos sowat R32 miljoen, berig RSG. Volgens die bank sal die nuwe note goed bemark word voor dit in sirkulasie geplaas word. ‘n Datum waarop die nuwe note uitgebring gaan word, is nog nie vasgestel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.