Nelson Mandela se oudste dogter, Zenani Mandela-Dlamini, se aanwysing deur die Suid-Afrikaanse regering as ambassadeur na Argentinië, is Maandag deur die Argentynse regering aanvaar.
Luidens ‘n verklaring van dié land sal sy as ambassadeur van die Republiek van Suid-Afrika in Buenos Aires optree. Bilaterale handel tussen dié twee lande is sowat $1.3 miljard werd.
Mandela-Dlamini (53) is ‘n sakevrou en die eerste oorblywende kind van Mandela om ‘n rol in die publieke oog te aanvaar. Sy is Mandela (93) en sy tweede vrou, Winnie Madikizela-Mandela, se dogter.