Madiba se geheue verswak

Mandela. Foto: GCIS

Voormalige president Nelson Mandela is gesond, maar sy geheue is glo besig om te verswak. Madiba (94)het oor die naweek ʼn aand in ʼn Pretoriase hospitaal spandeer as deel van roetine mediese ondersoeke wat normaal is vir mense wat sy ouderdom bereik.

George Bizos, ʼn menseregteprokureur en ʼn baie goeie vriend van Mandela, het Maandag aan EWN gesê hoewel Madiba bewus is van huidige politieke sake, vergeet hy soms dat sommige mede- anti-apartheidsaktiviste dood is. “Ongelukkig vergeet hy soms dat een of twee van hulle dood is. ʼn Mens kan byvoorbeeld die hartseer op sy gesig sien as hy meegedeel word dat Walter Sisulu en van die ander aktiviste nie meer met ons is nie,” het Bizos gesê.

Bizos het Madiba verlede week by sy huis in Johannesburg gaan besoek en het gesê hy lyk goed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.