Madiba se gesondheid verbeter

Mandela. Foto: GCIS

Voormalige president Nelson Mandela sterk goed aan by sy huis in Johannesburg ná ʼn onlangse longinfeksie en operasie om galstene te verwyder.

Mandela het in Desember 18 dae in ʼn Pretoriase hospitaal deurgebring nadat hy van sy huis in die Oos-Kaap na Pretoria gevlieg is vir behandeling. “Mandela het goeie vordering gemaak sedert die operasies en  verbeter elke dag. Hy kry steeds hoësorg-behandeling by sy huis in Houghton,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leslie ·

Beteken dit dat ons nog langer kan oorleef?
So lank hy lewe is ons as blankes gespaar, ons het baie te dank aan Madiba
Thanks old Man

Brenda ·

Ons lewe is slegs in die hande van Ons Hemelse Vader. Hy is die Beskikker oor lewe en dood en Hy stel heersers en konings aan en sit hulle af. Ek dank en loof Hom wat my lewe veilig in Sy Hande hou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.