Madiba se kleinseuns “verewig” hom op internet

Talle strate is na oud-pres. Nelson Mandela vernoem, hy het sy eie stigting, sy eie ondersteuningsblad… en nou ook sy eie sosiale netwerk.

Die webwerf, mandel.is, laat verbruikers, wat “inwoners” genoem word, toe om aan te sluit, inspirerende gedagtes te deel, en foto’s en berigte te plaas oor die positiewe impak wat Mandela op die wêreld gehad het, berig SAPA.

Mandela se twee kleinseuns, Ndaba (30) en Kweku (28), het met die konsep vorendag gekom en die maatskappy Littlemonsters.com het dit opgestel. Littlemonsters.com is ook die maatskappy wat die popster Lady Gaga se aanlyn- sosiale gemeenskap ontwikkel het.

“Die sosiale netwerk wentel om die wyses waarop my oupa die wêreld inspireer het. Mense kan deel hoe Mandela hulle inspireer het en só iets terugploeg in hul gemeenskap,” het Ndaba gesê.

Mandela (95) is tans al vir meer as twee maande in ʼn “ernstige maar stabiele” toestand in die Pretoria Harthospitaal vir ʼn herhalende longkwaal.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Trippie ·

Enigste gedagte(s) wat ek het om te deel, EK VEREER NIE ‘N KOMMUNIS NIE !

Andrea ·

Hmm, ja, ek stuur my kiekies van Mugabe en Saddam binnekort, en ek is seker as ek diep genoeg krap kan ek ietsie opgrawe van ou Idi Amin en die res van die spul massa moordenaars en terroriste.
Ek is oortuig dat hier ook ‘n “donasie” gevra gaan word ter ere en in tere nagedagtenis aan ons vader van die nasie (sluit my uit asb. my pa het my beter geleer as om te moor/steel/verkrag/verbrand/afbreek), kan nie wag om te sien hoe die lot gaan baklei oor daai geldjies nie.

Kaspaas ·

Hoekom sal mense soveel plesier daaruit put om ‘n terroris te vereer ?

Kaspaas ·

die ‘god’ wat homself nie eers gesond kan maak nie, of die land se probleme kan oplos nie, of ……., of ……..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.