Madiba se siekte bepaal

Mandela. Foto: GCIS

Die presidensie het Dinsdag bekendgemaak hoekom oud-president Nelson Mandela al vir vier dae in die hospitaal is.

“Mandela (94) het ʼn longinfeksie,” het die presidensie in ʼn verklaring gesê. “Dokters het hul toetse afgehandel wat toon dat ʼn vorige longinfeksie weer opgeduik het. Madiba word daarvoor behandel en hy reageer goed op dié behandeling. President Jacob Zuma bedank die publiek vir hul volgehoue ondersteuning en gebede vir Mandela en sy familie,” het die presidensie bygevoeg.

Mandela is Saterdag in Pretoria opgeneem vir “mediese sorg”. Zuma het hom Sondag by die 1 Militêre hospitaal besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.