Madiba se toestand onveranderd

Nelson Mandela tydens sy 94ste verjaarsdag op 2 Junie 2009 Foto: Nelson Mandela Foundation/SAPA

Voormalige president Nelson Mandela is Maandag steeds in die hospitaal met longontsteking, met geen noemenswaardige verandering in sy toestand nie.

“Daar is, sedert Sondagaand, geen noemenswaardige verandering in sy toestand nie,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, gesê. “Hy het Gesinsdag saam met sy familie deurgebring, wat die ondersteuning van die publiek waardeer.”

Maharaj het vroeër die naweek gesê water is van Madiba se longe dreineer wat hom help om beter asem te haal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.