Madiba-standbeeld binnekort by Uniegebou

Oudpres. Nelson Mandela

Oudpres. Nelson Mandela

‘n Standbeeld van voormalige president Nelson Mandela sal by die Uniegebou in Pretoria opgerig word, het die Saturday Star berig.

“Dit is deel van die feesvieringe van die gebou se 100ste bestaansjaar,” het Paul Mashatile, minister van die departement van kuns en kultuur, gesê. “Ons is reeds in ‘n gevorderde stadium om die standbeeld van Madiba by die Uniegebou op te rig.”

Blessing Manale, woordvoerder van die stad Tshwane, het die standbeeld en eeufeesvieringe van die gebou verwelkom.

Mandela is verlede week Sondag uit die Medi-Clinic Harthospitaal ontslaan om by die huis aan te sterk nadat hy op 8 Junie vir ‘n herhalende longkwaal in die hospitaal opgeneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

vuurvreter ·

More Trippie, hulle laat my sommer lag met hulle onosel goed wat hulle doen. Wat gaan sy beeld by die unie gebou maak????

vuurvreter ·

Trippie ek wil jou graag uitnooi om een vani dae na n fliek te gaan kyk. Dit heet King Kong and the Union building.

Kaspaas Breekwater ·

Ek is seker die duiwe rond om die Unie gebou kan nie wag nie – goeie toilette raak skaars.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.