Madiba terug by die huis

Oud-president Nelson Mandela

Die voormalige president, Nelson Mandela, is uit die hospitaal ontslaan en terug by die huis.

Die presidensie het dit Sondagmiddag bevestig en gesê “hy is gesond soos voorheen”. Maroela Media het vroeër berig Mandela is Saterdag weer in ʼn Pretoriase hospitaal opgeneem. Volgens die presidensie is Madiba opgeneem vir roetine- mediese ondersoeke.

Mandela het in Desember 18 dae in ʼn Pretoriase hospitaal deurgebring nadat hy van sy huis in die Oos-Kaap na Pretoria gevlieg is vir behandeling. Hy is behandel vir ‘n longinfeksie en galstene is ook verwyder.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.